Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:20 NM CST

Piesang in pannekoekslaapsak met karamelsous


Pannekoekbeslag
1 k meel
2 k melk (langlewe - dis flopvry)
1 eier
knypie sout
druppel of wat olie
Meng goed,en laat staan vir so 10min

Bestanddele
4 mooi ryp piesangs
250 ml room
1 na 2 tots Amarula
2 eetlepels suiker
botter of margarine
suurlemoensap

Metode
Sny jou piesang lengte gewys in die helfte. Braai in suurlemoenbotter.

Vir die sous, gooi die room en suiker in 'n pan en roer tot suiker opgelos is. Laat kook vir so 5 minute, roer sagkens aanhoudend.
Gooi jou Amarula by, en roer goed. Hoe vroeƫr jy dit bygooi, hoe meer alkohol sal verdamp met die kookproses.

Rol jou piesang toe in sy pannekoekslaapsak en gooi jou sousie bo-oor. Heerlik saam skeppie sjokolade roomys ook
.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie