Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:38 NM CST

Spek en Mieliebroodjie in n blikkie



Bestandele:
250 g spek, gekap
410 g-blik mieliepitte, gedreineer
60 ml pietersielie, gekap
100 ml koekmeel
50 ml suurroom
5 eiers
2.5 ml sout
swartpeper na smaak
5 ml bakpoeier

Metode:
Braai die spek in hulle eie vet in n braaipan tot bros en dreineer dit dan op kombuispapier. Gooi die orige bestanddele by en meng deur.

Smeer n groot konfytblik met botter en voer die blik met gesmeerde bakpapier uit. Gooi die blik driekwart vol met die beslag. Bedek dit met foelie en bak dit in n voorverhitte oond van 180 grade celcius, vir 30-45 minute.

Keer die brood uit, sny dit in dik snye en sit dit voor saam met botter en gerasperde kaas.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie