Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:15 NM CST

Ingelegde Vis

Gebruik die resep van (Liza Bosch) Is heerlik saam met vars tuisgemaakte brood en botter.
Bestanddele 1,7 kg Geelstert, skoongemaak, grate verwyder en in skywe gesny Olie 6 Suurlemoenblare 6 Groot uie, in ringe gesny 750 ml Bruinasyn 250 ml Water 175 ml Suiker 12,5 ml Borrie 37,5 ml Kerriepoeier 25 ml Meelblom 8 ml Sout 12,5 ml Grofgemaalde peper 250 ml Sultanas (opsioneel) Metode Braai vis ongeveer 1½ minuut per kant in warm olie, tot net deurgaar is. Geur goed en hou eenkant. Prut uie 10 - 12 minute in asyn en water tesame met suurlemoenblare, suiker, borrie, kerrie, sout en peperkorrels tot gaar maar nog ferm. Meng meel met 'n bietjie van die warm sous en roer terug by sous. Prut totdat die sous gaar en dik is. Vul 'n lugdigte houer met lae vis, uie en sultanas om die beurt. Skep sous oor en plaas in koelkas. Die vis sal na drie dae gereed wees om geëet te word. Kan tot ses maande goed hou in yskas.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Psicochef aan Vrydag, Mei 01 2009 @ 07:34 NM CDT Ingelegde Vis
Hmmm dit lyk lekker, kan n mens vars snoek gebruik in plek van geelvis?
Dankie
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie