Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:49 NM CST

Rum en Rosyntjie Sjokolade fudge


60 ml donker rum
80 pitlose rosyne - grof gekap
400 g donker sjokolade - gekap
blik volroom kondensmelk - 397 g
60 g botter

Voer n vierkantige pan van 20 cm met bakpapier uit en smeer goed met botter. Meng die rum en rosyntjies in n bak en laat staan vir 1 uur.

Smelt die sjokolade, kondensmelk en botter saam oor baie lae hitte
of teen 30persent krag in die mikrogolf. Roer tot glad.

Voeg die rum en rosyntjiemengsel by.
Skep in die uitgevoerde pan en smeer die oppervlak glad met die agterkant van 'n lepel.
Laat afkoel tot kamertemperatuur en verkoel verder.

Sny in blokkies voor die fudge heeltemal hard word.
Plaas in lugdigde houer in die yskas.

Lewer +- 30 blokkies.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: deon aan Woensdag, Desember 31 2008 @ 01:02 NM CST Rum en Rosyntjie Sjokolade fudge
Gaan dit beslis probeer !

deon
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie