Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Maart 10 2010 @ 08:12 NM CST

Kondensmelkbeskuit


1 kg bruismeel
125 ml suiker
500 ml semels
250 ml volkoringmeelblom
150 ml sesamsaad
150 ml sonneblomsaad
15 ml bakpoeier
5 ml sout
2 eiers, geklits
500 ml karringmelk
blikkie kondensmelk
450 ml botter gesmelt

Voorverhit oond tot 180 grade celcius.

Plaas droe bestanddele in n mengbak en meng goed.
Maak n holte in die middel en voeg die eiers, karringmelk, kondensmelk en botter by en meng goed.

Smeer 3 middelslag broodpanne met botter.
Verdeel die mengsel tussen die panne en maak gelyk bo-op.

Bak sowat 45 minute lank by 180 grade celcius of tot goudbruin en deurgaar.
Laat vir 5 minute in panne afkoel, keer versigtig uit en laat heeltemal afkoel.

Sny die beskuit in vingers en pak effens uitmekaar op bakplate.
Laat oornag in n koel oond +-70 grade celcius, uitdroog. Laat die oonddeur effens oopstaan.
.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Kook 'n Storm Los
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Saterdag 03-Okt


Woensdag 23-Sep


Dinsdag 15-Sep


Maandag 14-Sep


Donderdag 13-Aug