Lidia se sosaties

Mens hoef nie net beesvleis te gebruik nie. Ek gebruik gewoonlik gelyke hoeveelhede van bees, vark en skaapvleis.
2 kg beenlose vleis; 200 ml droe wyn
200 g varkspek; 3 uie, gekap
30 ml botter of margarien; 36 klein uitjies
30 ml kerriepoeier; 30 ml suiker
15 ml koekmeel; 5 ml borrie
5 ml sout; 2 ml fyn gemmer
1 ml peper ; 500 ml water
500 ml asyn; 50 ml appelkoos konfyt
Handvol rosyne; Handvol droe perskes
Sny vleis en spek in blokkies. Besprinkel dit met wyn.
Plaas dit in n groot houer (nie aluminium nie), met n digte deksel.
Braai gekapte uie in botter. Strooi gemengde droe bestanddele oor en braai liggies.
Voeg die res van die bestanddele by en laat opkook. Laat afkoel.
Gooi oor die vleis en sit die deksel op.
Laat vir 2 of 3 dae in die yskas marineer. Roer elke oggend en aand om.
Ryg op stokkies. Wissel vleis af met uitjies, spek en perskes.


Verwante Artikels