Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 10:02 NM CST

Tiramisu rolly polly



Benodighede
3 eiers, geskei
15 ml suurlemoensap
125 ml strooisuiker
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
30 ml kakaopoeier
25 ml koffielikeur

vir die vulsel
25 ml koffielikeur
25 ml strooisuiker
1 bakkie mascarpone

Metode

Klop die eiergele en sap in 30 ml water. Neem 15ml strooisuiker voeg by eiergele. Klop tot dik en romerig.

Sif die meel, bakpoeier, kakao en ?n knypie sout saam en vou by die eiergele in. Klop die eierwitte en die 15 ml strooisuiker tot styf. Vou dit by die koekbeslag in, gooi in ?n gesmeerde en gevoerde rolkoekpan en bak vir 10 tot 12 minute.

Sprinkel bietjie strooisuiker op ?n klam vadoek. Haal die koek uit die oond uit en keer dit op die vadoek uit. Verwyder die bakpapier en sny die kante van die koek af. Sprinkel goed met 25 ml likeur , rol op en sit eenkant om goed af te koel.

Vir die vulsel
Roer die likeur en strooisuiker in by die mascarponekaas . Rol die koek oop, smeer die vulsel oor en rol weer op. Bere in yskas vir minstens 30 minute
Na 30 minute strooi strooisuiker op plat oppervlak, rol koek daarin.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Anoniem aan Woensdag, Desember 17 2008 @ 12:04 VM CST Tiramisu rolly polly
Dit lyk heerrrrrrrlik.......!!!!!!!! maar glad nie soos 'n "Polly" nie!!
Dit moet seker " Roly Poly" wees.??
Nogtans maak die spelling geen verskil aan die voortreflikheid
van die resep of benodigdhede nie. Stuur asseblief nog resepte
van sulke soete verleiding!! Dankie!!!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie