Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:01 NM CST

Hoenderslaai met brandewynheuning



Benodighede

4 hoenderfilette,in repies
20 ml mielieblom
25 ml brandewyn
50 ml heuning
5 ml olyfolie
3 tl sesamsaad
gemengde slaaiblare
vars koljanderblare (opsioneel)
rooi geel en groen soetrissie

Metode

Bedek die hoenderrepies met mielieblom.

Verhit die olie in n diep pan en braai die hoenderrepies tot goudbruin

Voeg die heuning en die sesamsaad by. Wanneer die heuning begin karamelliseer voeg dan die brandewyn by en laat dit vir twee tot drie minute prut. Verwyder van plaat af .

Berei bakkies voor met n bed van slaai en koljanderblare, skep gebraaide hoenderrepies boop .Maak mooi met pepies rooi geel en groen soetrissie.



Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie