Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:44 NM CST

Gekarameliseerde uie en Bloukaas Bierbroodjie


Benodighede

15 ml olyfolie
15 ml botter
2 middelslag-uie, in skyfies gesny
5 ml suiker
915 ml (500 g) bruismeel
340 ml bier
50 ml gerasperde cheddar
100 ml gekrummelde bloukaas

Verhit die olyfolie en botter oor matige tot lae hitte in braaipan. Voeg die ui en suiker by en soteer tot goudbruin. Laat dit eenkant afkoel.

Sif die meel en 5ml sout saam in n mengbak. Maak n holte in die middel en gooi die bier daarin.

Voeg die gerasperde cheddar, die helfte van die bloukaas en die helfte van die gebraaide ui by.

Roer dit tot net-net gemeng en skep dan die mengsel in gesmeerde en broodpan. Strooi die res van die ui en kaas bo oor. Bak dit in n verhitte oond vir uur of tot toetspen skoon uitkom.



Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie