Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:57 NM CST

Steurgarnale met knoffel en jalapeno-rissie


Bestandele

60 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngemaak
5 ml paprika
2 jalapeno-rissies, gekap
1 kg heel steurgarnale, afgedop en met die sterte nog aan
30 ml brandewyn
30 ml suurlemoensap

Metode

Gooi die olyfolie in n groot pan en verhit dit oor medium hitte. Gooi die knoffel, paprika en rissies by en roerbraai vir 30 sekondes.

Verhoog die hitte en gooi die steurgarnale, brandewyn en suurlemoensap by. Roer vir omtrent drie minute oor ho? hitte tot die steurgarnale ondeursigtig word.

Verwyder van die hitte, geur na smaak met sout en sit dadelik voor met kraakvars brood.



Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie