Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:22 NM CST

Biltong en Bloukaassop


Bestanddele

125 g botter
250 g koekmeel
250 g gerasperde cheddar/ soetmelkkaas
125 g bloukaas in blokke gesny
4 hande vol biltong,(gekerf )
2 l kookwater
500 ml melk
3 eetlepels port
2 hoenderekstrak
Sout en peper na smaak

Metode

Smelt die botter in die soppot. Gooi die meel by en roer dit, verkieslik met n handklitser of n vurk. Breek die blokkies hoenderekstrak by die mengsel.

Voeg nou stadig die melk en die kookwater by, terwyl jy aanhou roer. tot romerige

Voeg nou die cheddarkaas by of soetmelkkaas, 2 hande vol biltong. Hou aan met roer terwyl jy die bloukaas byvoeg en dit in die sop weggesmelt het.

Haal nou die pot van die hitte af, of draai die hitte laag genoeg om die pot warm te hou, sonder dat die sop prut. Plaas die res van die biltong in die sop en roer dit deur saam met n sopie port.

Onthou dat die bloukaas nogal sout is en die biltong sy eie speserye het, so proe eers voor jy die sout- en peper byvoeg na smaak.

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Amanda B aan Donderdag, Februarie 05 2009 @ 12:04 VM CST Biltong en Bloukaassop
Die resep vra vir 250gram koekmeel - die 2 koppies!!! Kan dit reg wees?
[ # ]
Geskryf deur: Amanda B aan Donderdag, Februarie 05 2009 @ 12:06 VM CST Biltong en Bloukaassop
Die resep vra vir 250gram koekmeel - dis 2 koppies!!! Kan dit reg wees?
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie