Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:54 NM CST

Vingerlek lekker Ribbetjies -Spare Ribs


So 2kg varkrib sal genoeg wees vir vier persone.
Verder het jy nodig:
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
2cm gemmer, gerasper
125ml heuning
60ml lemoensap
60ml appelasyn
125ml tamatiesous
30ml Worcestershire-sous
varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestandele en gooi oor die ribbetjies.
Maak alles dig toe en hou vir ten minste 24 uur in die yskas.
Braai jou spare ribs oor medium kole, eers die beenkant en dan die kant met die vleis. Gewoonlik neem dit so 10 minute per kant.

Hopenlik word jou ribbetjies met die hand ge?et, so onthou die bakkie met louwarm water en suurlemoen vir elke gas.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie