Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:10 NM CST

Gestopte Forel met suurlemoen en Swart pepperkorrels vir die kole


Stop die Forel op met die volgende bestandele

4 heel Forelle, skoongemaak en ontbeen van die maag se binnekant af
1Suurlemoen
8 Repies spek, gebraai en opgekap
3 tl Pietersielie
3/4 eetlepel heelkorrel swartpeper
1/4 eetlepel pienk peperkorrels
Knippie sout na smaak
Knippie gemaalde swartpeper
Olyfolie
Growwe sout
eetlepels droe fyn gebreekte rissies by (nie rooi peper nie)

Skil suurlemoen, gooi skille weg, sny skyfies in stukke. In n bakkie kombineer die suurlemoen, spek, pietersielie , swart en pienk peperkorrels, sout, fyn swartpeper, en meng goed..fyn as moontlik, met hand nie voedselverwerker...

Skep kwart van mengsel binne in elke van 4 voorbereide visse. Reig vissie toe onder met kombuis gare;Sprei aan albei kante goed met olyfolie, Smeer fyn gedroogde rooi rissies goed in oor hele vis, Sprinkel vissie goed met growwe sout, en fyn swartpeper na smaak. Laat staan in yskas vir 30 minute.

Braai oor matige kole vir so 15 minute.(hang af van grootte)... Draai om en halfveer braai tyd, of tot vis vlokkerig is as jy met vurk pruk..

Onthou die is 'n vingerete, tuisgebakte of blikbrood is lekker saam, en moenie die vye jam vergeet nie.

Lekker ligte wit Swartland wyn is 'n wenner.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie