Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 11:05 NM CDT

Swartwoudkoek


halwe koppie margarine
halwe koppie suiker
twee derde koppie kakao
1 en twee derde koppie meel
1 teelepel vanilla-ekstrak
1 en n halwe koppie karringmelk
2 eiers
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout

halwe koppie kirschwasser
halwe koppie botter
3 halwe koppies strooisuiker
knypie sout
1 teelepel sterk koffie
2 blikkies kersies, gedreineer

500 ml room
halwe teelepel vanilla-ekstrak
1 eetlepel kirschwasser
gerasperde amandels
gerasperde sjokolade en sjokolade krulle

Verhit die oond tot 180 grade C.
Voer die bodem van 2 koekpanne uit met bakpapier.
Sif die meel, kakao, bakpoeier en teelepel sout saam. Hou eenkant.
Verroom die suiker en margarine.
Klits die eiers en 1 teelepel vanilla-ekstrak by.
Klits die meelmengsel en karringmelk by.
Gooi in die koekpanne.
Bak vir 40 minute.

Laat heeltemal afkoel en sny dan elke koek horisontaal in twee.
Sprinkel die kirschwasser oor die 4 koeke.
Verroom die halwe koppie botter en klits die knypie sout, strooisuiker en koffie by tot glad. Gebruik dit as versiering en smeer dit op elke laag koek. Deel die kersies tussen die verskillende koeke. Jy het dus nou 4 koeke, elkeen gesmeer met die koffieversiersel en bedek met kersies.
Plaas die lae koek op mekaar.
Klits nou die 500 ml room, halwe teelepel vanilla-ekstrak en 1 eetlepel kirschwasser saam.
Bedek die kante en bokant van die koek met die roommengsel.
Versier met gerasperde amandel en die sjokolade

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Anonymous aan Sondag, Desember 21 2008 @ 01:08 NM CST Swartwoudkoek
Die heel eerste Swartwoudkoek resep wat ek die moeite werd ag om te probeer.

Resepte Boeke

Die 4x4 Safari kookboek
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun