Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Sondag, September 05 2010 @ 12:07 NM CDT

Vinnige Melktert

Die is n dood maklike resep, en kan vinnig aan mekaar geslaan word as skielik kuier gaste kry.
1Pakkie Tennis Beskuitjies Margarine om met te meng +- ½ pond (250gram) (kamer temp) Druk fyn en meng met margarine, en voer tert bak uit…. Bolaag 1Blik Kondensmelk 50 ml Maizena 1liter melk 50 ml Vla 1eier 1teel. Vanilla essence Kaneel Gooi die blik kondensmelk in ?n pot en maak die lee blik vol melk en gooi saam met kondensmelk. Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook. Vat die laaste melk en meng saam met die eier, vla en maizena. Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk mengsel mat vla by.Maak seker jy roer deeglik. Dit is geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die essence by. Maak seker jou melk mengsel het bietjie dukker geword voor jy in tert bak gooi. Nou kan jy jou mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel oorgooi. Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die kondensmelk en melk in die microgolf dan hoef ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Maak net seker dat dit nie oorkook nie.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: csonsea aan Woensdag, Junie 24 2009 @ 09:41 VM CDT Vinnige Melktert
Hierdie Melktert is 'n absolute wenner! Dis so eenvoudig, vinnig en vreeslik lekker!
Probeer dit gerus!

Resepte Boeke

Kook 'n Storm Los
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie