Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:39 NM CST

Koekstruif


Vla:
2 koppies melk
2 eetlepels vlapoeier
2 eetlepels suiker
1 teelepel vanieljegeursel

Meng vlapoeier en suiker met melk, roer goed. Kook oor lae hitte tot gaar. Voeg geursel by en laat goed koud word.

Koekstruif:
1 pakkie rooi jellie
1 pakkie vars aarbeie
2 eetlepels brandewyn
1 rolkoek of sponskoek
2 eetlepels sjerrie
12 koppie lemoensap
1/2 koppie suurlemoensap
470g perskeskywe - 1 blik,
470g pynappelstukke, gedreineer
100g - 1 blikkie- grenadellamoes
1? koppie room.

Berei jellie volgens aanwysings en laat stol.
Was aarbeie en week in brandewyn.
Sny koek en rangskik op boom van glasbak.
Meng sjerrie, lemoensap en suurlemoensap en skep oor koek.
Rangskik perskeskywe bo-op en skep helfte van vla bo-oor.
Kap jellie met n nat mes en skep oor vla.
Skep pynappel stukke en grenadillamoes oor jellie.
Giet res van die vla versigtig oor.
Versier met room en aarbeie (Kersies kan ook gebruik word).
.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie