Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:56 NM CST

Tuisgemaakte Sjokolade Roomys



250 ml melk
vanieljepeul
1 eier
2 eiergele
250 ml room
65 g suiker
2 eetklepels kakao
1 eetlepel sjokolade, gerasper

Kook die vanielje in melk. Klits al die eiers en suiker saam. Gooi die eiermengsel, kakao en sjokolade by die melk en roer stadig oor lae hitte tot dit so dik soos room is. Klits die room en vou dit by mengsel. Plaas in vrieskas en roer een keer daardeur voor eerste opdiening.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie