Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 07:16 VM CDT

Karibiese chilli sous



15 Tabasco chilli?s, of so 8 Habanero?s (verkieslik vars uit die tuin)
1 wortel
3 teelepels knoffel
1/2 koppie asyn
1/4 koppie lemmetjiesap
1/2 - 1 mango, opgesny in blokkies
3/4 koppie water
olyfolie

Maal die chillies (gebruik soveel van jou gunsteling soort as wat jy wil, afhangende van hoe warm jy dit wil he), knoffel en wortel fyn in ?n voedselverwerker en braai so 3 minute in die olyfolie.

Net n waarskuwing as jy met chillies werk: Moenie jou oe of ander sensitiewe vryf terwyl of na jy die chillies hanteer het nie. As jy met Habaneros werk, oorweeg dit om handskoene te dra. Wees ook versigtig vir die chilli-dampe, veral as jy die voedselverwerker oopmaak.

Gooi die gebraaide bestandele saam met die res in ?n versapper en versap tot n sous. Dan alles weer terug in die pan, en prut vir so 5-10 minute. Indien die sous te dik is, verdun met meer water terwyl dit prut. Laat koel effens af en gooi dan oor in skoon glas bottels (dit sal nog dikker word soos dit afkoel). Bere in die yskas, dit behoort maande te hou (geen kiem sal die moed h? om dit aan te val nie).

Lewer so 500 ml sous wat so 8 uit 10 kry vir warm as jy Tabasco chillies gebruik (habaneros sal dit nader aan 10 maak). Gebruik op pizzas, Meksikaanse kos, kerries, seekos, Cajun crawfish en selfs in jou bier (as jy so voel).
.

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Bandito aan Vrydag, November 21 2008 @ 04:13 VM CST Karibiese chilli sous
Dankie. Wag net vir die rissies uit my tuin om ryp te word!!!

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun