Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:24 NM CST

Croissant


(lewer 32 croissants)

900 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
2 ml sout
1 ml rooipeper
125 g botter
500 ml cheddar, gerasper
300 ml melk
1 eiergeel

Sif die droe bestanddele saam en vryf die botter met jou vingerpunte in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die kaas en die melk by om 'n stywe deeg te vorm wat uitgerol kan word. Verdeel die deeg in vier stukke.
Rol elke stuk dun uit op 'n meelbestrooide deegplank sodat dit sirkels van 20 cm in deursnee vorm.
Sny die buiterande mooi rond en verdeel elk van die sirkels soos die speke van 'n wiel in agt ewe groot stukke.
Rol elke stuk van die buiterand na die punt toe op. Buig die 32 rolletjies effens om hulle halfmaanvormig te kry en plaas 'n entjie uitmekaar op die gesmeerde bakplaat.
Klits die eiergeel met die orige melk en bestryk die rolletjies daarmee.
Plaas die rolletjies hoog in die oond en bak ongeveer 15 minute lank by 200C tot gaar of goudbruin.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie