Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 10:26 NM CDT

Hoenderslaai met mango en gemmermayonnaise



6 hoenderborsie filette
250 ml witwyn
250 ml hoenderaftreksel
2 ml swart peperkorrels
3 lourierblare
bossie gemengde kruie
2 selderystingels, gekap
45 ml pietersielie, gekap
3 groot mango's, geskil en gesny Gemmermayonnaise:
200 ml mayonnaise
200 ml suurroom
1 suurlemoenskil, gerasper
30 ml suurlemoensap
10 ml heuning
1 stukkie gemmerwortel, geskil en gerasper
sout en peper na smaak

Meng alle mayonnaise bestanddele saam, geur en verkoel.
Kook hoender liggies gaar in wyn en hoenderaftreksel, asook met kruie, peperkorrels en lourierblare. Sodra gaar, sny in stukkies. Meng gaar hoender met seldery, pietersielie en mango skyfies. Meng met gemmermayonnaise..
.

Verwante Artikels

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Smul Sonder Sukkel
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun