NUUT!!!! KOM KYK NA FOTOS !!!! Ouma se Skoenboks Vrugtekoek
My Dierbare vriendin Petuniaflower, was so gaaf om haar pragtige fotos met ons te deel, die skoenboks krismiskoek dankie Blom...Bak nou, anders sit jy droemond Kersfees.... onthou, n Krismiskoek moet gevoer word met die beste brandewyn tot jou beskikking.
Die Groot Geheim is die goeie bestanddele . Koop die beste vrugte wat jy in die hande kan kry.

Bestandele:
500g botter 500ml suiker 8 extra groot eiers 10ml fyn gemmer 10ml gemengde speserye 10ml koeksoda 10ml bakpoeier 4ml sout 4k koekmeel 125 ml pynappel / gemmer / waatlemoenkonfyt
1.5 kg Vrugte (Koekmengsel ) 500 g Verglansde Vye, Pynappel, Gemmer, Sitroenskil, Ekstra Kersies. 2 k Pekan Neute of Okkerneute. - Kap alles op, rowwe stukke.
250 ml Goeie brandewyn
Metode
Voer 2 skoenebokse met waspapier uit en smeer. Sit oond solank op 150grade c Room botter. Klop suiker geleidelik bly, totdat mengsel lig en romerig is. Roer eiers een vir een by.
Sif die droe bestanddele en vryf die vrugte in die meelmengsel in sodat alle stukkies mooi los is en met meel bedek is. Meng alles bymekaar. Skep in skoenebokse en sit deksels op.
Bak vir een uur by 150 grade c Bak dan vir nog 2 uur by 140grade c Haal deksel af en bak vir nog een uur by 120grade c
Gooi brandewyn oor warm koek en laat afkoel. Sny bokskante los, haal koek uit. Draai in foelie toe en sit in Plastiekbak wat dig seel.
Na week of wat, gooi nog bietjie brandewyn aan die onderkante.
Die koekmengsel

Skoenboks in die oond

Klaar gebak

Klaar gebak, boks nie eers gebrand of gelek nie

Goed gebrandewyn en gefoelie om ryp te word

Whalla, kyk hoe mooi

Dankie aan Blom vir die foto's.
.


Verwante Artikels