Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:45 NM CST

Plaatkoekies met spek, piesang en stroop



Vir die plaatkoekies:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml suiker
1 ml sout
1 eier
200 ml melk

Vir die spek, piesang en stroop:
250 g skouer-spek
2 piesangs, in 2 cm-skyfies gesny
25 ml margarien
50 ml heuning / stroop

Plaas die droe bestanddele in 'n mengbak. Maak 'n holte daarin en gooi die eier en melk in. Meng alles met 'n draadklitser tot die deeg glad is.

Verhit ongeveer 15 ml olie in 'n braaipan. Skep die deeg met 'n eetlepel in die pan. As daar borreltjies aan die bokant vorm en die onderkant stewig lyk, draai die plaatkoekie om en braai vir nog 'n minuut of 2. Om te toets of dit gaar is kan jy 'n toetspen gebruik of een oop sny. Verplaas die wat gaar is na die kouer kante van die pan en braai die res.

In 'n ander pan braai die spek tot bruin en bros. Hou eenkant. In dieselfde pan gooi 5 ml margarien en braai die piesangskyfies vir 1 minuut. Gooi die res van die margarien en die heuning by en braai vir nog 2 ? 3 minute.

Maak 'n stapel van plaatkoekies, spek en piesang en bedruip dit met die sous.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie