TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES POTJIE

45ml olyfolie
1kg lamsnekskywe, 20mm dik
sout en varsgemaalde peper na smaak
3 uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
4 tamaties, geskil en gekap
5ml suiker
375ml vleisaftreksel
3 groot aartappels, in kwarte gesny
Plaas n gietysterpot oor matige kole. Verhit die olie in die pot en braai die vleis goudbruin. Voeg geurmidels by. Voeg uie, knoffel, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1 uur. Voeg aartappels by, maak toe en prut vir n verdere 30 minute. Maak kluitjies soos hieronder verduidelik, en skep dit bo-op die vleis. Sit deksel op en wag sowat 12 minute. Sit dadelik voor.
KRUIEKLUITJIES
250ml bruismeel
5ml sout
10ml botter
15ml vars of 5ml dro? gemengde kruie
1 eier geklits
60ml melk
Sif meel en sout saam. Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg kruie by. Klits melk en eier saam. Meng liggies met meel. Skep lepels vol bo-op vleis in pot. Moenie die deksel oplig vir ten minste 10-12 minute, terwyl die kluitjies kook nie.
Verwante Artikels