Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 10:01 NM CST

Spoorwegkoffie / Stasiekoffie




Bestandele:
3 Koppies witsuiker
2 Koppies sterk moerkoffie (klaar getrek)
3 Koppies Kookwater
½ Teelepel sout


Metode:
Roer suiker oor lae hitte in kastrol tot gekarmaliseerd
Voeg moerkoffie by
Roer oor lae hitte vir 10 tot 15 min (om koffiesterkte te verhoog)
Gooi eerste 2 koppies kookwater by, bietjie vir bietjie (wees versigtig, kan vinnig oorkook) roer aan houdend vir 2 minute
Voeg dan res van kookwater by, bietjies bietjies..1/4 koppie op 'n slag, roer aan houdend.
Voeg sout by, roer goed deur
Laat goed afkoel.
Filter deur baie fyn siffie, of lappie om enige gemaalde koffie te af skei .

Wanneer goed afgekoel, bottel dit en bere in yskas
Gebruik een teelepel kofffiestroop per koppie, halwe koppie kookwater en halwe koppie kookmelk...
Self beter met net gekookte melk....

aaahhhh boeretroos op sy beste...!!!

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie