Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:03 NM CST

GEBRAAIDE WILDSBOUD OF BLAD IN SOETWYN


1 wildsboud of blad
500g skaapskenkel of nek

MARINADE:

250ml soetwyn
15ml Worcestersous
60ml olie
60ml appelkooskonfyt
30ml wynasyn
15ml growwe sout
5ml swartpeper
3 knoffelhuisies, fyngedruk

Marineer boud vir 2 dae in karringmelk, in die yskas. Gooi karringmelk weg. Plaas die vleis in ?n swaar yster kastrol of kasserolbak bo-op die nekvleis. Gooi die marinade oor. Sit die deksel op en bak 3 uur of langer in ?n stadige oond by 170C tot die vleis bruin, sag en geurig is. Verdik die sous effens met mielieblom. Proe en pas aan waar nodig. Sit voor met rys, groente en kweperjellie.
.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie