Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:34 NM CST

Varkvleis Sosaties


varkboud in blokkies gesny
250g dro? appelkose
440g pynappelstukkies
2 lemoene se sap
30ml vrugte blatjang
15ml heel korrelmosterd
10ml heuning
15ml vars of 10ml dro? roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper

Ryg die varkblokkies afwisselend met die dro? appelkose en pynappelstukkies op die sosatiestokkies. Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper. Giet in ?n bak en marineer die sosaties daarin. Geur die sosaties met sout en peper net voor dit gebraai word. Braai oor matige kole tot net gaar en bedruip gereeld met orige marinade. ( Hoe langer die sosaties marineer ? hoe lekkerder is dit.)

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie