Rabarberpoeding
Saterdag, September 27 2008 @ 10:31 NM CDT
Geskryf deur: Anonymous
Rabarber, voedsame gewas met 'n eiesoortige smaak, word al hoe meer onbekend in die hedendaagse samelewing. Maklik om voor te berei, probeer gerus en smul te lekker; pasop net dat die vingers nie ook opge-eet word nie! Geniet!
Neem rabarberstingels, sonder blare, was en sny in stukkies van 1 - 2 cm. Weeg. Voeg suiker by in verhouding rabarber tot suiker, 5 tot 1 volgens gewig bv. 500g (1/2 kg) rabarber en 500/5 = 100 g suiker. Gooi in pasteibak, voeg klein bietjie suurlemoensap (opsioneel) by. Bedek bak met sy deksel en plaas in mikrogolfoond vir ongeveer 12 minute of totdat gaar. Roer elke 3 minute. Druk fyn met vurk. Verkoel in yskas. Sit voor met geklopte room. Die room kan vervang word met vla, roomys, jellie, ens. Pasop vir vingers opeet!

Verwante Artikels