Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 05:50 NM CST

Generaal Hertzorg Koekies

Hier volg die resep vir die koekies wat ek nou die dag gebak het. Dit smaak baie lekker en is baie eenvoudig en vinnig om te bak. As jy nog nooit voorheen hierdie resep probeer het nie, moenie bang wees !!
Bestandele: 2 koppies meel ‘n Knippie sout 2 teelepels bakpoeier 1/2 koppie margarine 3 eiers (eierwitte-en gele geskei) 1 1/2 eetlepels suiker Indien die deeg te slap is, meng 2 eetlepels melk hierby. Metode: 1. Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Vryf die margarine hierby in met jou vingerpunte. 2. Voeg die gele by en laat staan vir omtrent 5 minute. 3. Rol die deeg uit en en sit in klein kolwyntjiepannetjies (jy kan ook groter pannetjies gebruik as jy wil). 4. Skep ‘n klein lepeltjie appelkooskonfyt in die deeg. Vulsel: 1. Klits die eierwitte baie goed. 2. Voeg ‘n 1/2 koppie suiker en 1 koppie klapper hierby en meng goed. 3. Skep ‘n lepel vol bo-op die appelkooskonfyt. 4. Bak in ‘n voor-verhitte oond teen 180°C vir 10-20 minute.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie