Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:52 NM CST

Wildsvleis Skywe in Wyn Sous


Bestandele

10ml sout
25ml olie
1 ui, gekap
250g sampioene, gesny
100ml rooi wyn OF 50ml sjerrie
5ml Worcester sous
250ml room of joghurt
25ml meel
5ml gekapte tiemie
vars gemaalde swart peper

Metode:

Sprinkel sout oor die wildsvleis skywe. Verhit die olie in 'n braaipan en braai die uie en sampioene. Verwyder van die hitte en hou warm.
Verhit 2de swaarboom braaipan en braai die vleis aan beide kante tot die vleis goudbruin gebraai is. Voeg die uie en sampioene, wyn en worcestersous by. Kook vir 'n paar minute.
Meng die room en die meel en gooi oor die vleis. Roer die tiemie en swart peper by. Prut vir 25 minute oor baie lae hitte en bedien met bruin rys

Artikelopsies

1 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Kiki-kee aan Vrydag, Julie 02 2010 @ 12:54 VM CDT Wildsvleis Skywe in Wyn Sous
Die is heerlik!!! Dit was die eerste keer wat ek wild gemaak het en was baie bang, maar dit was 'n groot sukses.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie