Wildsnek in suurroom / karringmelk
Bestandele:
Wildsnekkestukke , bv.gemsbok, rooi- of springbok
30 ml koekmeelblom
5 ml mielieblom sout en peper na smaak
5 ml bruinsuiker
2,5 ml fyn neutmuskaat
2,5 ml fyn gemmer
1 ml fyn naeltjies
15 ml droë pietersielie
15 ml gegeurde seesout
15 ml olie
15 ml botter
250 ml karringmelk of suurmelk
15 ml suurlemoensap
15 ml blatjang
Metode:
Saag die wildsnek in skywe.
Meng die droë bestanddele om 'n geurige meelmengsel te vorm.
Rol die stukke vleis daarin tot alkante bedek.
Verhit die olie en botter in 'n swaarboomkastrol.
Braai die vleis tot bruin aan weerskante.
Skep die vleis in 'n vuurvaste oondskottel.
Roer die oorblywende bestanddele by die olie en botter in die swaarboomkastrol.
Giet oor die vleis in die oondskottel.
Sit die deksel op en plaas in 'n voorverhitte oond by 160 C.
Bedruip gereeld.
Die vleis van 'n jong bokkie sal binne sowat 3 uur gaar wees, maar laat sowat 4 uur toe vir 'n ouer en groter bok.

Verwante Artikels