Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, Februarie 06 2012 @ 06:02 NM CST

Kaneel Pere

Bestanddele:
4-6 Pere
1 Suurlemoen (sap uitgedruk en skil gerasper)
4 Eetlepels Muscovado Suiker
60g botter of margarien
1 teelepel fyn kaneel

Metode:
Skil pere, halveer en verwyder die middelste pit gedeelte.
Bedek met suurlemoen sap en plaas in vuurvaste bak.
Meng die suiker, kaneel en botter en smelt oor stadige hitte tot dit gesmelt is. Moet nie kook nie.
Skep die suiker mengsel oor die pere en plaas in oond.
Bak teen 200grade vir 25-30 minute. Skep die suiker mengsel gereeld oor die pere gedurende die baktyd.
Dien op met warm vla en versier met gerasperde suurlemoen skil.

Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Lidia aan Sondag, September 07 2008 @ 09:08 VM CDT Kaneel Pere
Is dit net ek wat nie weet wat daardie snaakse soort suiker is nie? Ek het dit nog nie hier in 'n winkel gesien nie. Kan jy bietjie meer daarvan vertel?
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie