Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:23 NM CST

Maklike Jambalaya


60 ml olyf olie
3 huisies knoffel
2 x 250 ml grof gekerfde uie
500 gram knoffel worsies - sny in 1/4 stukkies
500 gram ham - sny in 1/2 blokkies
375 ml koppies rou kort bruin rys
4 seldery stokke - sny in 5cm stukke
1 groot groen soet rissie
1 lourierblaar (bay leaf)
60 ml tamatie puree
Tobasco sous of Rooi peper na smaak
250 ml fyn gemaalde pietersielie
500 ml water

Metode
Haal die velletjie vanaf die knoffel worsies.(indien verkies)

Verwarm die olie in die pan, sauteer die knoffel en uie vir 3 min.
Sit dit eenkant en braai worsies tot bruin (30sekondes per kant)
Roer in die rys in en bedek met olie
Voeg nou die ham, seldery, groen rissie, water, lourierblaar, tamatie puree, sout en tobasco na smaak by.
Plaas die deksel op kastrol of pan oor hoë hitte.
Laat op hoë hitte kook vir plus minus 15 min,.
Laat verder kook vir 10 min op 'n lae hitte sonder om deksel te verwyder.
Verwyder deksel en laat alle stoom uit. As die mengsel te droog is roer 'n paar eetlepels water in. Voeg nou die koppie pietersielie by en roer in.

Bedien

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie