Kerrie Varkpootjies

3 kg Varkpootjies (skoon gemaak)
sout
3 middelslag uie (skywe gesny)
30 ml kerrie poeier (enige sterkte)
5 ml borrie
5 ml paprika
15 ml asyn
45 ml tamatie sous
125 ml Mrs Balls blatjan
30 ml olie
1 blikkie Koo Botter bone
4 middelsag aartappels(geskil en in kwarte gesny)
Metode
1. Was varkpootjies goed af in koue water .
2. Plaas in groot pot en vul met genoeg water.
3.Spoel vleis so 3 keer af in kook proses, en sit weer vars warm water in pot.
4. Voeg nou ± 15 ml sout op vleis.
5. Kook vir omtrent 2 ure tot redelik sag.
6. Voeg aartappels en uie by.
7. Meng kerrie, borrie, paprika, asyn, tamatiesous, blatjang en olie tot 'n pasta. Indien te styf voeg klein bietjie water by.
8. Voeg kerriesous by vleis.
9. Prut stadig vir verdere 30 min tot aartappels sag is.
10. Plaas botterbone laastens by so 5 min voor opdien.
Geniet saam met stamp mielies of rys.
Verwante Artikels