Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:58 NM CST

Aartappel Gebak


6 middelslag aartappels
1 groot ui
250 gram escort skouer spek
2 knoffel huisies
375 ml cheddar kaas
600 ml vars room
swart peper
Sout

Metode
1. Sny spek in repies en braai in warm pan tot goudbruin. (Voeg klein bietjie water by om spek eweredig gaar te maak. Verwyder van pan en plaas eenkant om af te koel.
2. Sny ui en knoffel fyn en braai in die spek se olie tot ligbruin, nie bruin nie. Verwyder van olie/vet en voeg saam met spek.
3. Skil aartappels en sny in skywe.
4. Smeer 'n oondvaste bak liggies met margarien, plaas nou die aartappelskywe in 'n laag en voeg bietjie van die spek en uie mengsel bo-oor. Gooi bietjie gerasperde kaas bo-oor en dan die volgende laag tot al die bestanddele in bak geplaas is, eindig met kaas laag.
5. Geur liggies met sout en swart pepper.
6. Giet nou die room bo-oor die bestanddele.
7. Bak by 200 grade C vir 45 min.

Sit voor saam met Bobotie en groen slaai.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie