Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Woensdag, Februarie 08 2012 @ 12:15 NM CST

Pizza Steak


4 x 200g Sirlion Biefstuk
2 groot uie
1 groen soet rissie (Green Pepper)
1 geel soet rissie
1 rooi soet rissie
6 groen pitlose olywe
6 swart pitlose olywe
15 ml botter/maragrien
30 ml olyfolie/sonneblom olie
250 g Mozarella kaas
Sout en peper na smaak.

Sny al die bestanddele, behalwe die biefstuk fyn.
Verhit dikboom pan en voeg olie en margarien in en laat goed warm word.
Voeg uie en die gekerfte rissie by.braai tot uie glans en nie bruin is, voeg nou olywe by.
Haal van stoof en laat afkoel.
Voeg nou kaas by en meng.

Verhit dikboom pan. Pan moet baie warm wees.
Geur biefstuk met sout en peper en smeer liggies met olie en braai elke kant net vir so 2min.(Vleis moet nog pienk wees in die middel)
Verwyder van die pan en pak nou die pizza mengsel bo oor die biefstuk.
Bak nou vir omtrent 10 min in voor verhitte 200grade C oond.

Kan bedien word saam met aartappel skyfies en slaai of spaanse gegeurde rys en slaai.



Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie