Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:22 NM CST

Lui vrou eenpot


1 pak rou fatti & moni's macaroni
1 kg hoender porsies ontvries
1 pakkie minestrone sop
1 groot ui
3 middelslag aartappels
1 of 2 knoffel huisies

Metode
1. Bespuit of smeer oondvaste pyrex bak met olie of margarien.
2. Braai hoender porsies tot 'n goudbruin maar nie gaar. (Hoender kan vooraf gegeur word met sout en pepper)
3. Plaas rou macaroni in die bak en sit hoender porsies bo op macaroni.
4. Kerf die ui, knoffel fyn en plaas bo oor hoender.
5. Skil aartappels sny in kwarte en plaas in bak.
6. Meng nou die minestrone sop met koue water (750ml) en gooi bo-oor al die bestanddele.
7. Bak in oond vir 1 uur op 180 grade C.

Bedien saam met blaarslaai - heerlik



Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Anoniem aan Saterdag, Oktober 11 2008 @ 05:04 VM CDT Lui vrou eenpot
GOOI HALWE KOP ROOM BY VIR N HEERLIKE SMAAK!!
[ # ]
Geskryf deur: Gerdav aan Vrydag, Junie 18 2010 @ 04:46 VM CDT Lui vrou eenpot
Vervang die aartappels met wortels, sampioene en babymarrows vir 'n meer kleurvolle en gebalanseerde maaltyd. Die halwe koppie room werk perfek!!
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie