Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:25 NM CST

Biltongsop

SOP
2 uie, gekap
100 g botter
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
60 ml koekmeelblom
500 ml ligte hoenderaftreksel
250 ml warm volroommelk
125 g beesbiltong, fyn gekap
60 ml bloukaas, gekrummel
60 ml fetakaas, gekrummel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Braai die uie in die botter tot sag. Voeg die knoffelhuisies by en braai tot geurig. Voeg die meel by en braai tot die mengsel borrel. Voeg die hoenderaftreksel by en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt. Voeg die warm melk by en verhit weer tot kookpunt. Laat prut tot dit gaar proe. Voeg die biltong by en verpulp tot glad. Verhit net voor opdiening weer tot kookpunt, roer die kaas deur, geur met sout en peper en sit voor as voorgereg. Genoeg vir 6 mense (as voorgereg).
Hierdie resep is afkomstig van Landbou com

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie