Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:41 NM CST

Droom Appeltert



1 x blik tertappels (411 gram)
2 x eiers
190 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel
85 ml melk
60 ml botter of margarien
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout

Metode:

Klits eiers, suiker en vanilla geursel goed saam. Voeg melk by
Smelt botter en voeg by
Voeg gesifte koekmeel, bakpoeier en sout by. Klits goed
Gooi mengsel in ‘n gesmeerde tertbak
Rangskik die blik tertappels bo-op die deeg
Bak in ‘n voorverhitte oond (180ºC) vir 35 minute tot mooi goudbruin

Sous:

125 ml suiker
200 ml ingedampte melk

Kook saam totdat suiker gesmelt is.
Gooi warm stroop versigtig oor tert sodra dit uit die oond kom

Lekker smul!


Artikelopsies

2 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Anoniem aan Donderdag, November 06 2008 @ 10:34 NM CST Droom Appeltert
My ouma het presies dieselfde resep gehad vir jare......
[ # ]
Geskryf deur: Annalie Oz aan Sondag, Desember 06 2009 @ 01:32 VM CST Droom Appeltert
Dis regtig 'n besonder lekker appeltert; alhoewel effens te soet vir ons. Ek het die suiker in die tertmengsel verminder na 150 ml en in die sous 125 ml donkerbruin suiker gebruik. Dit was nog steeds baie soet, maar lekker! Die donkerbruin suiker gee 'n besonderse karamelsmakie. 'n Bietjie kaneel oorgesprinkel rond die tert mooi af.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie