MACARONI - 1599, Suide van Italie. dialek maccaroni (It. maccheroni), meervoud van *maccarone, moontlik van maccare "kneus, maal" van onbekende bron, of van ou Grieks. makaria "kos van gars gemaak."
BESTANDDELE
500 ml macaroni
1 groot ui
1 groen rissie [greenpepper]
250 gr bacon stukkies
1 groot tamatie
1 eier
5 - 10 ml knoffel
5 ml suiker
5 ml origanum
5 ml pietersielie
2 x 250 ml gerasperde kaas
4 x 250 ml witsous
sout & peper na smaak
METODE
1. Kook macaroni en dreineer.
2. Maak witsous en gooi macaroni, eier en 375 ml kaas by.
3. Kap ui en soetrissie, braai en gooi by nr. 2
4. Braai bacon en gooi by nr. 2.
5. Voeg die res van die bestanddele by en plaas in bak. Strooi orige 125 ml kaas oor .
6. Bak tot mooi goudbruin bo-op, vir ongeveer ½ uur by 180º.
7. Bedien met knoffelbrood en/of gemengde slaai. Genoeg vir ongeveer 6 mense.
Kommentaar (0)
Boerekos.com
http://www.boerekos.com/article.php/20080717055450269