Heerlike deegbolletjies vir braaivleis

Monday, July 14 2008 @ 06:47 AM CDT

Geskryf deur: Charmain Bester

1 pakkie kaas potato bake of geur van jou keuse
1 pakkie deeg van Spar
250 ml room
250 ml melk
gerasperde kaas

Maak klein balletjies van deeg en pak langs mekaar in oond bak van 30x30 cm. Meng room, melk en potato bake en gooi oor deeg balletjies. Strooi kaas oor en bak 30 min in oond wat op 180*c gestel word, wanneer die pan in die oond gesit word, dit gee die deeg genoeg tyd om te rys.
Lekker eet!!!

Kommentaar (1)


Boerekos.com
http://www.boerekos.com/article.php/20080714064703144