Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:18 NM CST

Pannekoek

3 x 250 ml koekmeel
3 groot eiers
175 ml koppie olie
25 ml asyn
3 ml sout
15 ml bakpoeier
4 x 250 ml water

Metode
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
Gooi meel by en klits.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir 1 min.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.

Lewer omtrent 15 middelslag pannekoeke.
Ek verdubbel gewoonlik die resep.

Artikelopsies

5 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: kobus botha aan Woensdag, Julie 09 2008 @ 08:41 VM CDT Pannekoek
Hierdie pannekoek resep lyk lekker en dit is net die regte weer daarvoor, veral in die Kaap
[ # ]
Geskryf deur: Hierdiebeer aan Saterdag, Oktober 16 2010 @ 10:03 VM CDT Pannekoek
Dit vir my 'n dilemma - ek sit hier in Kanada op 'n reenerige herfs Saterdagmiddag en ek wil pannekoek maak, maar daar's 'n fundamentele fout met die resep - van wanneer as dui mens tradisionele resepte aan in mls? Wat het geword van " 'n koppie"; " 'n wynglasie"; " 'n knippie"? Dit lees net nie reg nie en ek's seker dit sal ook nie reg smaak nie :-)
[ # ]
Geskryf deur: Petunia aan Sondag, Januarie 02 2011 @ 05:22 NM CST Pannekoek
Dit is n lieflike resep, van die eerste pannekoek, regdeur tot die laaste was dit n groot sukses. @Kanadese vrou - 1 koppie is 250 ml
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie