Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 09:45 NM CST

Marmelade

Sit 'n aantal lemoene deur 'n versapper, skil en al maar sonder pitte.
Weeg 1 kg van hierdie mengsel, di. sap, skil, ens. en gooi in pot.
Voeg 3/4 kg (= 750 g) suiker by en kook.
Skep skuim af.
Kook totdat mengsel dik genoeg is.
Skep in gesteriliseerde glasbottels.
Opsioneel: Meng 1 koppie sjerrie by mengsel net voordat dit gebottel word.
Variasie: Lemoene kan met suurlemoene vervang word of 'n mengsel van die twee.
Advies: Hoe meer wit van die skil in die mengsel is, hoe bitterder is die eindresultaat.
Smaaklik eet!

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie