Kerrie Vark Bredie

2kg Varkvleis, (in blokkies gesny)
2 groot uie (opgekerf)
1 knoffel huisie (opgekerf)
30 ml olie
50 ml Mrs Ball Chutney (enige geur)
50 ml All Gold tamatiesous
50 ml Rajah Kerriepoeier
10 ml Paprika
5 ml sout
1 blikkie Koo Botterbone
3 middelslag aartappels (geskil & in kwarte gesny)
1 koppie Kookwater
Metode
Voeg olie in n dikboom kastrol en verhit.
Voeg uie en knoffel by en braai tot ligbruin. Verwyder van kastrol en hou eenkant.
Voeg varkvleis in dieselfde pot en braai tot ligbruin oor stadig hitte.
Voeg aartappels by en braai saam met vleis.
Meng chutney, tamatiesous, kerriepoer en paprika saam. Voeg by uie mengsel.
Gooi koppie water oor vleis asook die kerriemengsel.
Laat stadig prut vir 1 uur.
Dreineer botterbone en voeg by kerrievleis, prut vir nog 5 min.
Bedien saam met rys en botterskorsies.

Verwante Artikels