Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Maandag, April 21 2014 @ 02:28 VM CDT

Malva Poeding

NAGEREGTE250 ml Meelblom
5 ml Koeksoda
5 ml Bakpoeier
15 ml Appelkooskonfyt
15 ml Botter/Margarien
250 ml Melk
1 Eier
250 ml Suiker
5 ml Suurlemoensap

So maak mens!
1. Meng botter en suiker.
2. Voeg eier by.
3. Voeg suurlemoensap, koeksoda & appelkooskonfyt by.
4. Voeg meelblom & melk om die beurt by.
5. Bak vir een uur in n oondvaste bak teen 180grade C.

Karamelsous
250 ml Room of Ingedampte Melk
125 ml Margarien /Botter
250 ml Suiker
125 ml Kookwater

So maak mens!
1. Kook al die bestanddele saam vir twee minute & gooi warm oor die poeding wanneer dit uit die oond kom.
2. Bak verder tot gekarameliseerd. (so 5 min)
3. Bedien warm met room en/of vanilla roomys.

Artikelopsies

5 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.
Geskryf deur: Jen aan Maandag, September 29 2008 @ 03:39 VM CDT Malva Poeding
'n Heerlike nagereg!!!! Het dit by 'n paar etes gemaak en my gaste was gaande daar oor.
[ # ]
Geskryf deur: lindatjie aan Saterdag, Mei 29 2010 @ 10:48 NM CDT Malva Poeding
Julle moet net onthou om die bakpoeier ook by die deeg te voeg ;-))
[ # ]
Geskryf deur: Edith Ramzan aan Dinsdag, September 28 2010 @ 08:55 VM CDT Malva Poeding
Ek soek n malva poeding resep vir 230 mense

dankie
[ # ]
Geskryf deur: Charl Marais aan Donderdag, Mei 26 2011 @ 07:32 VM CDT Malva Poeding
Is hierdie malva poeding of bruin poeding? Sover ek kon agterkom is die twee een en dieselfde poeding. Ek het 3 bruin poeding resepte met drie malva poeding resepte vergelyk en die bestandele is een en dieselfde. Miskien 'n goeie idee om die resep onder al twee name te plaas.

Dis nou lekker poeding!
[ # ]
Geskryf deur: Bok aan Sondag, Oktober 07 2012 @ 05:35 VM CDT Malva Poeding
Die is nie n resep vir malva poeding nie, dit is Jan ellis poeding of bruinpoeding!!
n regte Malava poeding bevat Brandewyn in die sous!!! n 1/4 koppie om presies te wees.
[ # ]

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Opsitkers

Afrikaans Dating

Advertensie