Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Donderdag, September 09 2010 @ 11:06 NM CDT

Maandagaand kos

ALLERLEIKors:

250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
75 ml kookwater
60 ml olie

Skud, of meng die bestanddele met ‘n vurk, totdat dit ‘n bol vorm.
Druk met die agterkant van ‘n lepel in ‘n tertbak van ongeveer 22 cm x 22 cm x 6 cm.
Hou eenkant tot vulsel gereed is.
Vulsel:

3 x 250 ml melk *
100 ml botter of margarien *
5 ml mosterdpoeier *
2 ml paprika *
100 ml koekmeel *
2 ml sout *
2 ml grofgemaalde swart peper *
2 ml gedroogde pietersielie *
250 ml gerasperde Cheddarkaas
125 ml gekrummelde Fetakaas
2 effens geklitste eiers
1 middelslag ui
5 ml gekapte knoffel
30 ml olie
250 ml gekerfde oorskietvleis (enige iets soos bv. skaapboud of hoender)

Maak ‘n witsous van die bestanddele wat met ‘n * gemerk is.

Voeg die gerasperde kaas, Fetakaas en dan die eiers daarby.
Braai intussen die ui in die olie tot ligbruin, voeg die knoffel by net voordat die ui gereed is.
Skakel die plaat af en roer die vleis en aspersies of sampioene daarby en roer goed deur.
Meng dit dan met die sous en skep in die kors.
Bak vir 30-40 min @ 180ºC of tot mooi ligbruin.
Laat staan dan vir ‘n hele rukkie om te stabiliseer, dit kan liewer weer opgewarm word.
Bedien saam met enige slaai van jou keuse.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Maklike maaltye vir babas en kleuters
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun