Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Vrydag, Mei 18 2012 @ 08:39 NM CDT

Sagopoeding

NAGEREGTE500 ml melk 60 ml sago
2 eiers 5 ml vanilla
60 ml suiker 2 ml sout
appelkoos konfyt

• Week sago tenminste 2 uur lank in die melk (oornag is beter).
• Bring in die mikrogolfoond, op hoog tot kookpunt en roer elke 3-5 minute.
• Meng eiergele, geursel, sout en die helfte van die suiker.
• Roer dit geleidelik by die warm mengsel in en mikrogolf verder totdat dit net begin verdik. Moet dit nie té lank mikrogolf nie, anders sal dit skif.
• Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvaste bak.
• Skep teelepels vol konfyt in die mengsel.
• Klop eierwitte totdat dit sagte punte vorm en klop die res van die suiker geleidelik by.
• Smeer meringue oor en bak @ 180ºC totdat die meringue liggies verbruin het.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie