Roerbraai met varkfilet, wortels, heuning en gemmer
Genoeg vir: 4 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute
15 ml grondboontjie-olie of sonneblomolie
300 g varkfilet, in repies gesny
1-2 knoffelhuisies, gekneus
1 bossie sprietuie, gekap
2 steranyssade
1 rooi brandrissie, gekap
1 duimgroot stuk vars gemmer, gerasper
1 bossie jong wortels, geskil, in dun repe gesny
20 ml heuning
15 ml sojasous
30 ml hoenderaftreksel
1 bossie bok choy
'n hand vol vars koljanderblare
1 Verhit die olie in 'n wok oor hoƫ hitte. Roerbraai die varkfiletrepies saam met die knoffel en sprietuie vir sowat 2-3 minute tot goudbruin. Skep dit uit en hou eenkant.
2 Voeg die steranys, brandrissie, gemmer en wortels by en roerbraai vir sowat 2 minute.
3 Voeg die heuning, sojasous en hoenderaftreksel by en prut vir 2-3 minute of totdat die sous begin dik word. Roer die varkfilet by, gevolg deur die bok choy, en roerbraai totdat dit sag is. Haal van die plaat af.
4 Garneer met vars koljander en sit voor.

Verwante Artikels