Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 06:57 VM CDT

Krummellaagpoeding met pere, piesangs en rum

NAGEREGTEBereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 35 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
180 ml (120 g) koekmeel
5 ml bakpoeier
10 ml fyn gemmer
100 g haselneute, gerooster
160 ml (160 g) koue botter, in blokkies gesny
185 ml (150 g) suiker
125 ml rum
4 pere
3-4 ferm, ryp piesangs, in dik skywe gesny

1 Voorverhit die oond. Smeer 'n vuurvaste oondskottel met botter.
2 Sif die meel, bakpoeier en gemmer saam. Kap die haselneute fyn in 'n voedselverwerker en gooi dan die meel by die haselneute.
3 Gooi 100 ml (100 g) van die botter en 125 ml (100 g) van die suiker by en pols die bestanddele tot net-net gemeng.
4 Verhit die orige 60 ml (60 g) botter in 'n kastrolletjie tot gesmelt, gooi die orige 60 ml (50 g) suiker by en roer dit totdat dit gemeng is en begin karamelliseer. Haal dit van die plaat af en roer die rum by.
5 Skil die pere, raak ontslae van die harde stronke en pitte en sny elkeen in dik skywe. Gooi die peerskywe by die rumsous en roer totdat dit met die sous bedek is. Skep die piesangskywe in die voorbereide oondskottel, skep die peerskywe tussenin en skraap die sous wat in die kastrolletjie agterbly, eweredig bo-oor.
6 Skep die krummellaagmengsel bo-oor en bak dit vir 35 minute of tot bros en goudbruin.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Huisgenoot Top 500 Wenresepte
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun