Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, Februarie 07 2012 @ 08:57 NM CST

Eetbare tafelruiker

ALLERLEIBenodig:
1 Glashouer gevul met pepermente
Lint vir strikversiering aan bokant van die glashouer
Sosatie stokkies
Aarbeie (moenie die groen blaartjies verwyder nie)
Gesmelte wit, lig en donker sjokolade
Enige fyn lekkergoed om sjokolade-aarbeie in te draai vir versiering

Was en droog die aarbeie.
Steek stokkies so halfpad deur die vruggies
Doop nou in verskillende kleur sjokolade
Sorg dat onderste deel van die aarbeie vruggies onbedek bly.
Rol van die sjokolade-aarbeie in fyn lekkergoed vir versiering
Plaas gedoopte vruggies op stokkies een-een in die glashouer met pepermente
Rangskik soos 'n ruiker.
Versier met lintstrikkie

*Dien as pragtige informele eetbare tafelruiker of geskenkie.

Artikelopsies

0 kommentaar

SOEK NA 'N RESEP

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie