Lekker Suid Afrikaanse Boerekos Resepte - Kom Kook en Geniet saam met ons!

Registreer Nou!
Teken in
Welkom by Boerekos.com
Dinsdag, September 07 2010 @ 07:18 VM CDT

GEVULDE WILDVLEIS RIBBETJIE

2kg wildsvleis rib, ontbeen en gesout

250ml gedroogde appelkose

200g bees maalvleis

5ml sout

1 knoffelhuisie, gekneus

3 repies spek, opgesny

5ml gekapte tiemie

100g margarien

200ml appelsap

Meng die appelkose, maalvleis, sout, knoffel en tiemie om die vulsel te vorm. Smeer aan die binnekant van die rib en rol dit op. Bind dit vas met tou. Plaas die rib in 'n braaipan, smeer margarien oor die rib en gooi die appelsap oor. Bedek die rol met tinfoelie om te verhoed dat dit uitdroog wanneer dit bak. Bak vir 2-2½ uur met die deksel op teen 180ºC. Bedruip gereeld met die appelsap in die bak. Sny die tou en sny die vleis in porsies. Bedien met bruin rys en en droëvrugte slaai.

Artikelopsies

0 kommentaar

Die volgende kommentaar is die eiendom van wie dit ookal gepos het. Hierdie werf is geensins verantwoordelik vir wat daar gesê word nie.

Resepte Boeke

Klein Kook en Geniet
Browse Album

Gebruikersfunksies





Nog nie 'n rekening? Registreer dan as 'n Nuwe Gebruiker
Jou wagwoord vergeet?

Winkel

Advertensie

ARGIEF

Donderdag 08-Jul


Woensdag 23-Jun


Dinsdag 22-Jun


Vrydag 18-Jun


Dinsdag 15-Jun


Maandag 14-Jun